|
Vryburg Hoërskool as die beste, genormaliseerde, parallelmedium skool
in die Noordwes Provinsie, verteenwoordig in sy personeel, leerders en
ouergemeenskap die waardes en norme van ons gediversifiseerde
samelewing. Gebou op die tradisies van 117 jaar (gestig 1891
- die 17de oudste skool in die land) heg ons hoë waarde aan die
verlede, haal daaruit wat goed en reg is bou so vir ons 'n toekoms wat
uniek is.
Vir ons is dit nie meer snaaks dat oorsese TV-spanne, joernaliste en
Professore uit die VSA ons suksesverhaal as model kom bestudeer
nie. In 2001 was ons byvoorbeeld die enigste skool in die
land wat deur die Staatspresident uitgenooi is om Vrouedag saam met sy
vrou in Genadendal te kom vier.
Dr. AS du Toit
Skoolhoof
(POS; KOS; B.A.; B.Ed.; M.Ed.; D.Ed.)
Lees meer...
|