2011 MATRIEKUITSLAE

 

VHS Matrieks 2011 presteer puik

Hoërskool Vryburg kyk met trots terug na die puik akademiese prestasies van die matriekklas van 2011.  Die topkandidaat, Elizna Coetzee, behaal nie net 8 onderskeidings nie, maar haar prestasies plaas haar ook in die 3de posisie in die Noordwes Provinsie. Benewens Elizna, het nog twee leerders van VHS, Nalize Cilliers en Francois Engelbrecht, ook elk met 8 onderskeidings geslaag terwyl 3 leerders, Werner Esterhuizen, Zettie Swanepoel en G.J. Kemp, elk met 6 onderskeidings geslaag het. Hierdie ses leerders is almal onder die beste 100 uit 60 000 leerders in Noordwes Provinsie – ‘n ongekende prestasie vir ‘n plattelandse skool! Jan Marais slaag met 4 onderskeidings.  Al bogenoemde leerders het ook ‘n gemiddeld van meer as 80% in die eindeksamen behaal. ‘n Verdere 17 kandidate behaal gemiddelde B-simbole. 119 vakonderskeidings word in totaal behaal. Eksamenvakke waarin die meeste onderskeidings behaal word, is Wiskundige Geletterdheid met 18 onderskeinings en Engels met 16. Uit die 116 kandidate wat die eksamen aflê, slaag 114 die eksamen waarvan 78 kwalifiseer vir graadkursusse en ‘n verdere 33 vir diploma-kursusse. ‘n Volle 111 kandidate kwalifiseer dus vir verdere studies.

Elizna Coetzee, Dux-leerder van VHS, behaal die 3de plek in Noordwes, ‘n prestasie wat, benewens verskeie meriete beurse, ook vir haar ‘n skootrekenaar in die sak bring. Sy behaal 8 onderskeidings (Afr, Eng, Wisk, Rek, Lewenswet, FisWet, Wisk3, LO).  Sy is ingeskryf vir BSc Aktuariële Wetenskappe aan die Universiteit  van Noordwes.

Nalize Cilliers, Onderhoofdogter en wenner van Drie Bennies-beker  van VHS, behaal 8 onderskeidings (Afr, Eng, Wisk, Rek, Lewenswet, FisWet, Wisk3, LO).  Benewens verskeie meriete beurse wat sy reeds ontvang , o.a. ook as finalis in die Volksblad se Matrieknooi, bring haar punte ook vir haar die Rektorsbeurs van die Universiteit van die Vrystaat in die sak wat al haar klasgelde vir 2012 dek. Sy is van plan om medies te gaan studeer op UV.

Francois Engelbrecht, onderhoofseun en ook Sportman van die jaar  van VHS, behaal 8 onderskeidings (Afr, Eng, Wisk, Rek, Lewenswet, FisWet, Wisk3, LO).  Hy is op pad om hom as Bedryfsingenieur te gaan bekwaam aan die Universiteit  van Stellenbosch.

                                     

Werner Esterhuizen, top-ATKV-redenaar in Noordwes van VHS,  behaal 6 onderskeidings (Afr, Eng, Rek, Lewenswet, FisWet, LO). 

                                    

Zettie Swanepoel, hoofdogter van VHS, behaal 6  onderskeidings (Afr, Eng, Rek, Lewenswet, FisWet, LO).   Sy is van plan om haar as Apteker te gaan bekwaam aan die Universiteit van Noordwes.

G.J. Kemp, hoofseun van VHS, behaal 6  onderskeidings (Afr, Eng, Wisk, Rek, FisWet, LO).   Hy is van plan om hom as Geoktrooïeerde Rekenmeester te gaan bekwaam aan die Universiteit van Noordwes.

                                   

Jan Marais behaal 4  onderskeidings (IGO, Meganiese tegnologie, Wisk3, LO).   Hy  sluit vanjaar aan by Anglo Platinum waar hy ‘n 100% studiebeurs ontvang het vir sy verdere studies om hom te kwalifiseer as Meganiese ingenieur.

Hoërskool Vryburg
2008 - 2012
Webblad Terme & Voorwaardes
Webblad onderhou deur 
Dotcom Vryburg