DIE 3 BENNIES BEKER

DIE DRIE BENNIES WENNER:  Linné Cilliers (2008)

Ons hoogste toekening

Die aangeskrewe vereistes vir die toekenning van die Drie Bennies-beker bly nog steeds leierskap, akademies, sport en kultuur.    Nie noodwendig in hierdie volgorde nie.  Die voorwaardes is met die oorspronklike toekenning van die beker ongeveer 30 jaar gelede gestel, en daar is seker baie van ons medemense wie se sienswyse hierdie vereistes as outyds sal beskou.

Hierdie norme het nie, mag nie en sal nie verval nie.  Sonder leierskap kan geen een van ons vorder nie.  Dit is natuurlik wenslik dat die leier leiding moet gee, maar leierskap deur voorbeeld is net so belangrik en wenslik, miskien nog meer.

Akademie is belangrik en gee 'n gevoel van prestasie.  Neem as voorbeeld Winston Churchill wie se akademiese prestasie 'n ramp was - en wie sal sê hy self het niks bereik nie?

Sport is noodsaaklik in die opbou van 'n sterk karakter, maar dit beoog nie 'n wen ten alle koste nie.  Die skoolleuse is soos almal weet, Carpe Diem - gryp die geleentheid - maar nêrens sê dit ten koste van ander nie.  Sport en sportmangees moet hand aan hand loop en dit sal in dieselfde kategorie as leierskap val.

Kultuur is miskien die belangrikste van almal, want dit sluit alles in.  Onthou moet word dat daar geen menskultuur is nie.  Kultuur behels die meelewing en samewerking van ons medemens.


 

Hoërskool Vryburg
2008 - 2012
Webblad Terme & Voorwaardes
Webblad onderhou deur 
DotCom Vryburg