JEUGSKOU

Jeugskou Fotos

Kliek op die fotos vir 'n groter weergawe

Die leerders van Hoërskool Vryburg het in 2008 weereens baie entoesiasties aan die Jeugskou deelgeneem.  Elke leerder kon ‘n kategorie kies waarin hy/sy wou deelneem.  Die kategorieë is Vleisbeeste, Melkbeeste, Pluimvee, Bokke, Skape, Konyne, Tuisnywerheid en Suiwelprodukte.  Elke kategorie beskik oor sy eie reëls en verg verskeie vorme van inspanning.  Terwyl party hul agter potte en panne afsloof, maak ander weer reg om hulle diere te lei en beheer na die beste van sy vermoë.

Daar word aan verskeie Jeugskoue deelgeneem: Stella Beesfees, Lichtenburg Jeugskou, Boertjie-fees en Vryburg Jeugskou.  Leerders moet aan minstens drie Jeugskoue deelneem om in aanmerking te kom vir die Noord-Wes Jeugskou Span wat na afloop van die Vryburg Skou aangekondig word.

Verskeie leerders van Vryburg Hoërskool is in 2008 in die Noord-Wes Span opgeneem.  Hulle name is:  Danie Haasbroek, Tiaan Steyn, Bernardus Steyn, WB van Zijl, Stafford Collen, Maritza Schoon, Daleen Cronje, Willem Visser, Jurita Wentzel (Kapteine) en Jan Haasbroek (Kaptein).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoërskool Vryburg
2008 - 2012
Webblad Terme & Voorwaardes
Webblad onderhou deur DotCom Vryburg