 |
 |
SKOOLLIED
(Van Wyk - De
Ronde) |
|

 |
As gevolg van
die baie en helder sterre kom die skrywer van ons skoollied, mnr. Carl
van Wyk tot die gevolgtrekking dat die menslike prestasies onbeperk
is. "We can do anything, only the impossible takes a little
bit longer."
1.
Wyd soos ons ruimtes van vlakte en rug
Ryk soos ons aarde en skoon soos ons lug
So leef ons en streef ons ons sonnige dag
Aan die Hoërskool Vryburg met jeugdige krag
Refrein:
Ons werk en ons woeker met liggaam en gees
Om 'n sieraad vir God en die wêreld te wees
Om te leer en te lewe met al ons mag
Carpe Diem - Vir ons is die dag!
2.
Trots op ons skool aan sy leuse getrou
Sal ons in ere op ons Erfnis bou
So wyd is die grense en ons sien die dag
Kom dan voorwaarts en opwaarts wyl Sy lig op ons wag
|
| |
|
|
|
|