
 |
TAALBELEID
VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN 'N OPENBARE SKOOL INGEVOLGE
ARTIKEL 6(2) VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, WET NO. 1996 (84 van
1996)
AANHEF
Nademaal die Suid-Afrikaanse
Skolewet van 1996 bepaal in terme van Artikel 6(2) dat die
beheerliggaam van elke openbare skool 'n beleid ten aansien van taal
moet goedkeur; en
Derhalwe die Beheerliggaam van
Hoërskool Vryburg die onderstaande goedgekeur as die taalbeleid van die:
Hoërskool Vryburg
Posbus 143
De Kockstraat
Vryburg
Tel: (053) 927 3938
Faks: (053) 927 3939
|
|
1. NAAM EN STATUS
Die naam van die beheerliggam is: "Die
Beheerliggaam van Hoërskool Vryburg."
2.
WOORDOMSKRYWING
In hierdie dokument, tensy anders bepaal of
uit die samehang anders blyk, het woorde en uitdrukkings dieselfde
betekenis as in die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) en
beteken -
-
"beheerliggaam"
- die beheerliggaam van die skool soos
voorsien in artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van
1996)
-
"Grondwet"
- die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
(Wet 108 van 1996)
-
"skoolhoof"
- die prinsipaal van die skool soos bedoel in die
Suid-Afrikaanse Skolewet, asook 'n opvoeder by die skool wat met
goedkeuring van die skoolhoof en die beheerliggaam namens die skoolhoof
handel
-
"Regulasie"
- die norme en standaarde van taalbeleid in
openbare skole en die bepalings van "taal-in-onderwys" soos deur die
Minister van Onderwys in die Staatskoerant afgekondig
-
"skool"
- die Hoërskool Vryburg
-
"taalbeleid"
- die taalbeleid in hierdie dokument vervat
3.
UITGANGSPUNT EN BASIS
Die uitganspunt en basis van die taalbeleid is dat volle effek gegee
moet word aan die fundamentele regte ten aansien van taal en leerders
in onderwysverband soos in die algemeen erken in die Handves van Regte
in hoofstuk 2 van die Grondwet en spesifiek vermeld in artikel 29(2)
van die Grondwet.
4.
TAALBELEID ONDERHEWIG AAN ANDER WETLIKE BEPALINGS: UITLEG VAN
TAALBELEID
-
Die
taalbeleid is onderhewig aan die bepalings van die Suid-Afrikaanse
Skolewet (Wet 84 van 1996), die Wet op Skoolonderwys van die Provinsie
Noordwes en die Regulasies en maatstawwe vir sover dit bindend op die
skool is.
-
Die
taalbeleid word so uitgelê dat dit met ander toepaslike en geldige
regsbepalings oor taalgebruik in onderwys versoenbaar is.
-
Sonder
om die algemeenheid van klousule 3 te beperk, is dit die
uitgangspunt van die taalbeleid dat die beste belange in
onderwysverband van die leerders van die skool gedien moet word en dat
daar nie op enige relevante grond onbilik of onregverdig teen enige
leerders gediskrimineer mag word nie.
5. TAALGEBRUIK BY SKOOL
-
Die
skool is 'n parallelmedium instelling soos bedoel in artikel 29(2) van
die Grondwet.
-
Behoudens
die bepalings van die taalbeleid, is die onderrigtaal by die
skool Afrikaans en Engels.
-
Die
taal waarin die skool bedryf of bestuur word, is Afrikaans en Engels
Met dien
verstande dat kommunikasie met buitestaanders in enige ander taal kan
plaasvind soos deur die omstandighede vereis en wat redelikerwys
doenlik is.
6. BEVORDERING VAN VEELTALIGHEID
-
Die
skool bevorder veeltaligheid deur die aanbieding van Afrikaans en
Engels as volwaardige vakke, en word Tswana op sekere vlakke aangebied.
-
Die
aanbieding van die vakke in artikel 5.2 verwys, geskied sover moontlik
in die betrokke taal self.
-
In
die algemeen neem die beheerliggaam en elke opvoeder by die skool
redelike stappe om leerders in te lig oor die belangrikheid van
veeltaligheid en om die aanleer van respek vir ander tale as die
huistaal te bevorder.
-
Die
skoolhoof lewer jaarliks aan die beheerliggaam verslag oor taalgebruik
by die skool en tendense waarvan die beheerliggaam kennis behoort te
dra.
7. TALE AS VAKKE
Die beleid in
die Regulasies oor tale as vakke sal by die skool toegepas word.
|