VISIE & MISSIE

Visie
Hoërskool Vryburg streef daarna om in Vryburg 'n hoërskool daar te stel wat:

  • 'n Unieke en eiesoortige karakter het.

  • Opvoedende onderrig in Afrikaans of Engels aan elke leerder te verskaf, volgens sy / haar keuse.

  • Gerugsteun word deur Christelike waardes en norme.

  • Poog om te voldoen aan die redelike verwagtinge van sy / haar belangegroepe.

  • Vir elke leerder redelike geleenthede wil skep binne sy / haar vermoë.

  • Gebalanseerde, gelukkige en volwasse jongmense wil vorm wat 'n positiewe bydrae tot die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap sal kan maak.

Missie
As Beheerliggaam, ouers, personeel en leerders aanvaar ons die volgende:

  • Hoërskool Vryburg is gefundeer in christelike beginsels en word dit van elkeen verwag om dit uit te leef.

  • Die gesin is die primêre opvoedingsbasis van elke leerder.  Daar word van leerders verwag om volwasse persone se gesag te erken en dit ook te aanvaar.  Volwassenes sal poog en streef om elke leerder met geduld en begrip te lei en te ondersteun.

  • Die belange van die skool word bo eie belange en behoeftes gestel.  Daarom sal ons poog om te alle tye, deur ons gedrag, optrede, taal en denke die naam van die skool uit te dra.

  • Die beginsel van vreedsame naasbestaan word erken.

  • Hoë standaarde is ononderhandelbaar en moet behou en steeds verder verhoog word om sodoende te voldoen aan die behoeftes van ons tyd.

Hoërskool Vryburg
2008 - 2012
Webblad Terme & Voorwaardes
Webblad onderhou deur 
Dotcom Vryburg