
 |
Omstreeks 1920 is besluit om 'n wapen vir die
skool te ontwerp. Sowel die skoliere as die onderwysers is
gevra om hieraan mee te doen en simbole voor te stel.
|
Die Leuse
Mnr. Hansie de Villiers (onderwyser) het die eerste leuse voorgestel,
naamlik "Rus in Urbe" - "Die distrik in die dorp" omdat daar 'n
toestroming van plaaskinders na die koshuise was. Die
skoolhoof, Mnr. Carl Gerneke was egter die mening toegedaan dat dit net
'n verdere verwydering teweeg sou bring tussen die dorps- en
plaaskinders wat reeds nie wou meng nie. 'n Nuwe leuse,
"Carpe Diem", is toe deur mnr. DW (Dan) du Toit voorgestel.
|

|
"Carpe Diem" beteken "Gryp die geleentheid vas"
(d.w.s. moenie dat dit verbyglip nie). Die leuse is toe
finaal aanvaar.
Die Wapenskild
Die agtergrond van die skild is groen omdat dit ook die hoofkleur van
die Republiek van Stellaland was. Bo-aan is 'n perkamentrol
met die leuse op.
In die eerste kwadrant is die Ope Boek wat die dors na geleerdheid
voorstel omdat daar so 'n groot gebrek aan fasiliteite in daardie dae
was.
|
|
In die tweede kwadrant verskyn die opkomende
son in die agtergrond met 'n graaf wat in die grond steek in die
voorgrond. Die son simboliseer die aanbreek van 'n nuwe
daeraad of era - voller en beter voorsiening vir onderwys.
Die graaf het 'n dubbele simboliese betekenis. Die eerste dui
op die aard van die bevolking, hoofsaaklik boere of
landbouers. Die tweede is die simbool van arbeidsaamheid.
Die middel word oorheers deur 'n vyfpuntige wit ster wat ook die
hoofsimbool was van die Stellalandse Republiek waarvan Vryburg die
hoofstad was. Die ster is onderskraag deur 'n gebreekte juk
wat die afgewerpte juk van die oorheerse voorstel. Die twee
punte wys opwaarts en staan dus vir vryheid en Vryburg. Die
naam van die dorp, Vryburg, is afgelei van die nedersetters se sin en
ideaal van vryheid - 'n plek waar hulle vry en onafhanklik kon lewe,
dus 'n vrye burg of vesting.
Oorspronklik was die middel van die ster versier me "VPS" in ou goud
vir "Vryburg Publieke Skool" soos dit destyds geheet het.
Later is dit vervang met "VHS" Vryburg High School. Daarna
verskyn slegs Vryburg op die wapen sodat dit vir al die skole gebruik
kon word.
in 2001 is Vryburg op die ster verwyder om te voldoen aan die eise van
die (?) en 'n lourierkrans rondom die wapen van die Hoërskool gevoeg om
te dien as bewys van die kragste (?) opvoedkundige sentrum van 3 skole,
nl. VHS.
|