ATLETIEK

Twee leerders van Ho‘rskool Vryburg, Jerry Venter en Hanemie Stols, het op 22 & 23 Maart vanjaar aan die SA Skole-Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem. Hanemie het puik presteer deurdat sy as o/14-atleet gekwalifiseer het om op o/15-vlak deel te neem aan die 100m hekkies. Jerry vaar uitstekend en haal die finaal in die 400mHekkies vir seuns o/18. Hy eindig uiteindelik 4de in 'n blitsige finale wedloop waarin die wenner die huidige rekord gebreek het. Jerry behaal met sy vierde plek ook sy persoonlike beste tyd van 52,8 sek. Jerry het ook aan ASA se Sub-Junior Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem op 6 April. Daar mis hy met 2 honderdstes van 'n sekonde 'n plek in die finaal van die 110mH. Mnr. Marius Durandt, hul afrigter wat ook 'n onderwyser by VHS is, het hulle na die byeenkomste vergesel.






Op die afgelope naweek se Noordwes Atletiekbyeenkoms, het die volgende leerders van VHS medaljes verower: Hanemie Stols: goud in 100m en brons in 90m Hekkies
Jerry Venter: 2X goud in 110m Hekkies en 400m Hekkies asook silwer in 100m.
Marige Jansen: brons in 200m




Jerry Venter

Jerry het gedurende 2017 die rekords die een na die ander laat spat. Hy het tydens ons eie kleuresport 'n rekord wat al vir 46 jaar op die boeke van Hoėrskool Vryburg staan, gebreek. Koos van den Berg, bekende boer uit die Molopo, het in 1971 terwyl hy 'n o/17-seun aan Hoėrskool Vryburg was, die 100m afgel in 11,2 sekondes. Jerry het hierdie rekord verbeter tot 11,1 sekondes.
By die SA's behaal Jerry 'n 8ste plek in die O/17 110m hekkies.










Hoėrskool Vryburg
2008 - 2013
Webblad Terme & Voorwaardes
Webblad onderhou deur 
Dotcom Vryburg