PERDESPORT

UITHOURITTE: Isoné Swart

Isoné Swart en haar perd, El Nize Kyla, het op 26 April 2017 deelgeneem aan die 80 km South African International Challenge wat gehou is te Bethlehem in die Oos Vrystaat. Sy en haar perd wen die junior kompetisie in ‘n tyd van 04:02:10 en hulle ontvang ook die toekenning vir bes-voorbereide perd. Vir die 120 km South African International Challenge wat plaasgevind het op 28 April 2017 was Isoné en haar perd, El Nize Afire Bey, verkies tot die Suid Afrikaanse Junior Span. Isoné en haar perd wen die junior afdeling in ‘n tyd van 05:46:42. Hulle ontvang ook die toekenning vir bes-voorbereide perd. Met die prestasie ontvang Isoné haar Junior Springbokkleure. Isoné is ook tans die nommer een geplaasde junior ruiter op die ranglys van junior ruiters in Suid Afrika.







HoŽrskool Vryburg
2008 - 2013
Webblad Terme & Voorwaardes
Webblad onderhou deur 
Dotcom Vryburg