CALL US
+27 53 927 3938
E-MAIL
admin@vryburg.net
LOCATION
71 De Kock Street

ATLETIEK

ACNW-atletiek

6 van VHS se atlete het uitstekend presteer by die afgelope naweek se ACNW-atletiekbyeenkoms te Potchefstroom.

In die dogters o/18 ouderdomsgroep het Hanemie Stols 'n goue medalje in die 100m hekkies gekry.
Joané Mouton 'n brons medalje in verspring.
In die seuns o/18 afdeling het Diaan Janse van Rensburg 'n silwer medalje vir driesprong gekry.
Marnus Bosch 'n silwer medalje vir gewigstoot.
In die seuns o/16 afdeling kry Elrich Bosch 'n silwer medalje in spiesgooi en 'n brons medalje in die 200m.
Nathan Titus kry 'n silwer medalje in driesprong.

ATLETIEK

SA Atlete

2021

Elrich Bosch het deelgeneem by die TWIZZA Atletiek Suid-Afrika Kampioenskappe. Hy kom 11de in spiesgooi (43.45 m) in die o/16 seuns afdeling.

Baie geluk Elrich!!!

2019

HANNEMIE STOLS: SA-kampioen uit Hoërskool Vryburg!

Dis amptelik: die vinnigste o/15-dogter in Suid-Afrika in die 90m Hekkies, kom uit Hoërskool Vryburg! VHS se jong atletiekster, Hanemie Stols, het op die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth op 22 Maart eerste oor die wenstreep gehardloop in die 90m Hekkies. Haar prestasie het nie by ’n goue medalje geëindig nie. Haar wentyd van 13,09 sek is ’n allemintige 948 punte op die ASA-tabelle werd en het verseker dat sy ook aangewys is as die derde beste dogters-baanatleet op die byeenkoms.

Om die kroon te span, was sy ook deel van Noordwes se medley-aflosspan wat
’n bronsmedalje op die byeenkoms verower het.

Baie geluk Hannemie!

2018

Twee leerders van Hoërskool Vryburg, Jerry Venter en Hanemie Stols, het op 22 & 23 Maart vanjaar aan die SA Skole-Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem. Hanemie het puik presteer deurdat sy as o/14-atleet gekwalifiseer het om op o/15-vlak deel te neem aan die 100m hekkies. Jerry vaar uitstekend en haal die finaal in die 400mHekkies vir seuns o/18. Hy eindig uiteindelik 4de in 'n blitsige finale wedloop waarin die wenner die huidige rekord gebreek het. Jerry behaal met sy vierde plek ook sy persoonlike beste tyd van 52,8 sek. Jerry het ook aan ASA se Sub-Junior Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem op 6 April. Daar mis hy met 2 honderdstes van 'n sekonde 'n plek in die finaal van die 110mH. Mnr. Marius Durandt, hul afrigter wat ook 'n onderwyser by VHS is, het hulle na die byeenkomste vergesel.

ATLETIEK

Interhoër

O/19 Dogters Aflos

Joanè Mouton (O/15) word as Victrix Ludorum gekroon by die jaarlikse Interhoër Atletiekbyeenkoms (14 Feb 2020). Sy het by die byeenkoms weggestap met 5 eeste plekke: 100m, 200m, 400m, 90m hekkies en 300m hekkies. Sy was ook deel van die O/15 dogtersaflosspan wat 3de was.

O/19 Dogters Aflos

Die O/19 dogters het dit reggekry om weereens die goud in te palm tydens hierdie jaar se Interhoër atletiekbyeenkoms te Koster. Hierdie jaargroep wen die aflos nou al vandat hulle O/14 was. Vanjaar het die aflosspan bestan uit Synteche Lee, Hanemie Stols, Leanne Stols en Mariska Brits.

Renier Mouton wen die Senior Victor Ludorum by die interhoër atletiek op Koster.

ATLETIEK

Top 20

ATLETIEK

VICTOR LUDORUM 2021

Snr Victrix: Hanemie Stols

Snr Victor: Johan Retief

Jnr Victrix: Amogelang Thale

Jnr Victor: Elrich Bosch

ATLETIEK

VICTOR LUDORUM 2019

Joané Mouton & Solly Mokoka

Reinier Mouton en Way-Dean Ferris

ATLETIEK

LUDORUM TROFEE

Hanemie Stols

ATLETIEK

Kleuresport Rekords

H. Stols

Breek D O/15 100 m rekord van C. Reiners (13,0 s) wat in 1985 opgestel is. Hanemie se tyd is 12.6s.

Breek C. Cloete se D O/15 90m hekkies rekord van 15.2 s in 2016 met 'n tyd van 13.4 s.

Breek C. Cloete se D O/15 300m hekkies rekord van 50.4 s in 2016 met 'n tyd van 49.8 s.  

 

B. Kriel

Ewenaar die 100m S O/17 rekord van 11.5 s wat in 2007 opgestel is deur E. Grace en R. vd Merwe, en ook in 2018 geewenaar is deur R. Mouton.

 

J. Mouton

Breek die 400m D O/14 rekord van 68.8 s wat in 1998 deur R. Esterhuizen opgestel is met 'n tyd van 66.7 s.

 

L. Grobbelaar

Breek D. Maree se S O/19 gewigstoot rekord van 12.74 m in 2014 met 'n afstand van 12.83 m.

 

C. van Zyl

Breek S. van Wyk se D O/19 gewigstoot rekord van 9.36 m in 2017 met 'n afstand van 9.82 m.

 

M. Bosch

Breek C. Fincham se S O/15 spiesgooi rekord van 44.9 m in 2007 met 'n afstand van 47.42 m.

 

W. Maritz

Breek W. Ferris se D O/16 gewigstoot rekord van 8.72 m in 2018 met 'n afstand van 9.08 m.

 

T. Motlogi

Ewenaar J. Erasmus se S O/14 100 rekord van 12,2 sekondes wat in 1997 opgestel is.

 

G. Hayward

Stel 2 rekords op vir nuwe items. S O/14 100m hekkies 16.00s en S O/14 driesprong 10.08m.

 

K. Poeng

Stel 'n rekord op vir 'n nuwe item. S O/14 300m hekkies 52.5 s.