Bloedskenk
VHS
Bloedskenk
Vryburg Hoërskool het jaarliks drie geleenthede waartydens die Bloedoortappingsdiens 'n bloedskenkkliniek by die skool kom hou. Leerders wat 16 jaar oud is, 50 kg weeg en nie medikasie gebruik nie, kan bloed skenk. Die poging van Gimnasium se bloedkomitee is om leerders aan te moedig om 'n nuwe skenker na 'n bloedskenkgeleentheid saam te bring.
Die grootste waarde van bloedskenk lê daarin dat Vryburg Hoërskool reeds van jongs af die geleentheid kry om 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak. Navorsing toon dat jong skenkers gereeld skenk nadat hulle die skool verlaat het.
Tydens die Desembervakansies en wintermaande het die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens telkens 'n tekort aan bloed. Gedurende die wintersmaande is daar 'n groot tekort aan bloed omdat baie skenkers griep of verkoue het en nie mag skenk nie.