CALL US
+27 53 927 3938
E-MAIL
admin@vryburg.net
LOCATION
71 De Kock Street

DR RS MOMPATI DISTRIKTOEKENNIGS

RS Mompati Distriktoekennings

VHS

2020 

Dr. Ruth S. Mompati Distriktoekennings: Matriekuitslae 2020
Dr. Ruth S. Mompati Distriktoekennings: Matriekuitslae 2020

RS Mompati Distriktoekennings

VHS

2019

Op hierdie foto verskyn al die onderwysers wat skoolgehou het vir ’n leerder wat beste in die distrik was in sy/haar vak. Hulle is (leerder se naam & vak tussen hakies): Mnr. Marius Durandt (Bokamoso Tsatsi - Tourism), Mnr. Johan Marais (Dillon Hays - Meganiese Tegnologie), Mev.Rina Hattingh (Siphiwe Guga - Computer Applications Technology), Mrs. Nono Gaseimelwe (Bokamoso Tsatsi - Business Studies), Mnr. Theuns van Staden (Wian Botha - Ingenieursgrafika & Ontwerp) en Mnr.André Botha (Cyndolpha Moreki - Civil Technology).

Hoërskool Vryburg het in die gr.12-Eksamen van November 2019 die tweedeposisie in die Dr. Ruth S. Mompati Distrik ingeneem in die vak English FirstAdditional Language met ’n gemiddelde van 66,9% en ’n 100% slaagsyfer. Op die foto verskyn die huidige Engelse Dept. van VHS nl.:
Mnre. Werner Esterhuizen, Thapelo Gabapethe, Me. Lize van der Nest, Ansie Cilliers (H.O.D.) Careen Venter, Lizelle Bekker en Nanni Nthebe.

Op hierdie foto verskyn al die onderwysers wat skoolgehou het vir ’n leerder wat beste in die distrik was in sy/haar vak. Hulle is (leerder se naam & vak tussen hakies): Mnr. Marius Durandt (Bokamoso Tsatsi - Tourism), Mnr. Johan Marais (Dillon Hays - Meganiese Tegnologie), Mev.Rina Hattingh (Siphiwe Guga - Computer Applications Technology), Mrs. Nono Gaseimelwe (Bokamoso Tsatsi - Business Studies), Mnr. Theuns van Staden (Wian Botha - Ingenieursgrafika & Ontwerp) en Mnr.André Botha (Cyndolpha Moreki - Civil Technology).

Hoërskool Vryburg het ook die beste in die Dr. Ruth Mompati distrik gevaar in die vak Wiskundige Geletterdheid in die NSC-eksamen (gr12) van November 2019. Op die foto verskyn die Onderwysers wat Wiskundige Geletterdheid vir die gr12's van VHS aanbied: Mevv. Marinda Kok en Alma Haasbroek. Hulle spog onder andere met ’n 100% slaagsyfer en 4 onderskeidings.

VHS

RS Mompati Distriktoekennings

2017

Op die foto is Mev. Elaine van Eeden (adjunkhoof) en Mnr. Barry Fuleni (skoolhoof) met enkele van die pryse wat verower is.

Op 27 Januarie 2017 het die onderwysdepartement tydens die jaarlikse
Well Done Function die 93 skole in die Dr. Ruth S. Mompati-distrik beloon vir goeie werk tydens die 2016 Gr.12-eksamen.

HOëRSKOOL VRYBURG het vanjaar 'n tas vol pryse huis toe geneem. Die skool is aangewys as die beste skool in die distrik aangesien die skool verreweg die grootste matriekgroep gehad het wat steeds 'n 100% slaagsyfer behaal het. HOëRSKOOL VRYBURG word ook aangewys as die beste wat betref kwantiteit aangesien die skool die meeste leerders (61 uit 106) het wat kwalifiseer vir graadstudies . HOëRSKOOL VRYBURG het ook die meeste vakonderskeidings behaal.
Verder behoort die 4 uit die eerste 6 posisies in die lys van top10-leerders in die distrik vanjaar aan HOëRSKOOL VRYBURG nl. Adolph Reyneke (2), Reza Coetzee (3), William Janse van Rensburg (4) en Meyburgh van Heerden (6). Hierdie groep leerders het behoorlik in mekaar se nekke geblaas met gemiddeldes wat wissel van 88,6% tot 90,7%

Segoje-wisseltrofee

Hoërskool Vryburg het die Segoje-wisseltrofee verower as die skool wat die beste presteer het in Engels Eerste Addisionele Taal in 2016 se gr.12-eindeksamen. VHS het hierdie trofee al verskeie kere in die verlede verower. Die matrieks van 2016 het weer puik presteer en nie minder nie as 27 onderskeidings in Engels ingeoes.

Op die foto verskyn die Engelse Dept van Hoërskool Vryburg: Mev. Lize van der Nest, Elaine van Eeden, Ansie Cilliers (vakhoof), Elaine du Toit en Me. Marike Jacobs.

 

Motlhabanetrofee

Op die foto verskyn die Wiskunde Dept van 2016 aan VHS: Mev. Marinda Kok, Charlotte van Heerden (vakhoof), Olien Pietersen en Petro Ollewagen.

Hoërskool Vryburg het ook die Motlhabane-trofee gewen as die skool wat die beste in die distrik presteer in Wiskunde in 2016 se gr.12-eindeksamen, nog 'n trofee wat VHS al verskeie kere verower het. VHS het in die 2016-eindeksamen die hoogste persentasie leerders bo 40% in Wiskunde in die distrik, en het ook die meeste vakonderskeidings in Wiskunde (6) asook die hoogste gemiddeld in Wiskunde (61,2%).