Koshuis Algemeen
Geskiedenis
KOSHUISE
Geskiedenis
Aangepas uit die Stellalander se berig, Weereens ‘n heuglike tyd, gepubliseer 7 September 1967.
Op 7 September 1967 het Dr. Nico Malan, destyds die Administrateur van die Kaapland, die huidige koshuisgeboue geopen.
Vir jare het die behoefte aan behoorlike koshuise hier bestaan. Die geboue wat in gebruik was voor die huidige Huis Nico Malan en Huis Hannes du Toit in gebruik geneem is, het destyds nie meer aan die standaarde voldoen nie en het ook skade gelei as gevolg van ondergrondSe verskuiwings.
Die twee huidige koshuisgeboue is nie maklik bekom nie. Daar is vir ‘n paar jaar lank hard gespook om die koshuise te verkry, die aangeleentheid is selfs in die Provinsiale Raad aangehaal waar dit na herhaalde vertoë toegestaan is. Uiteindelik is die twee koshuise na 18 maande voltooi en die totale koste daarvan het R 527 128 beloop.
Mnr. J.P. (Hannes) du Toit, voormalige Provinsiale Raadslid, het hom tydens sy termyn hom in die besonder beywer vir die verkryging van die twee koshuise. Die meisieskoshuis is derhalwe na hom vernoem: Huis Hannes du Toit.
Dr. Nico Malan was die destydse die Administrateur van die Kaapland wat die finale goedkeuring vir die geboue gegee het. Die seunskoshuis, Huis Nico Malan is na hom vernoem.