O/14 Virsekerbekerkampioene!
Sport, VHS nuus
VHS se O/14 rugbyspan klop Curro Nelspruit 10-7 in ‘n senutergende eindstryd om die Virsekerbeker.
In die eerste helfte speel VHS teen die wind en alhoewel die span geen punte aanteken nie is hul verdediging bykans ondeurdringbaar. Curro Nelspruit slaag daarin om wel een drie te druk en teen halftyd was die telling 7-0 in Curro Nelspruit se guns. In die tweede helfte draf die Vryburgers met hernude ywer op die veld. Marnus Bosch en Zack Tities slaag daarin om elk ‘n drie te druk en verseker die beker vir VHS.
Zack Tities word ook aangewys as speler van die wedstryd.