Olimpiades & Ekspo
VHS
Olimpiades & Ekspo
Carlo Jankowitz, Gr12-leerder en ook een van Hoërskool Vryburg se leiers, is een van die Top 60-finaliste in ’n landswye Wiskundekompetisie wat aanlyn plaasgevind het gedurende die grendeltyd. Die kompetisie is geloods is deur Beeld, Die Volksblad en Die Burger. Die voorlopige datum vir die finale rondte, waarvoor Carlo na Bloemfontein sal moet reis, is 25 Julie 2020. (Uiteraard is die datum onderhewig aan Covid-19 beperkings wat in daardie tyd toegepas sal word.) Daar is groot kontantpryse vir die wenner sowel as sy/haar skool op die spel.
Simon van Heerden, gr11-leerder van Hoërskool Vryburg, is een van 60 finaliste in die Nasionale Junior Blitsbrein kompetisie wat vanjaar aanlyn gereël is deur Netwerk24. Daar is 30 finaliste in gr8&9 en Simon is een van die groep van 30 finaliste in die gr10&11-afdeling. Blitsbrein is ’n feite-vasvra wat leerders se algemene kennis oor ’n wye veld toets. Simon sal op 15 Augustus aan die aanlyn finaal deelneem saam met leerders van oor die hele land van Pretoria tot in die Kaap.
Helen Faber, gr12-leerder van Hoërskool Vryburg, is aangewys as die wenner van die kortverhaalafdeling van die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo vir skoolleerders en studente. (Afrikaanssprekendes wat in enige land woon, mag inskryf.) Die tema vanjaar was "Musiek" en haar stuk se naam "Towerspel".