By VHS klop ons harte warm as ons sien dat oud-leerders presteer. 
Jerry Venter, hoofseun, Sportman van die jaar asook wenner van ons Drie Bennie- veelsydigheidstrofee in 2018, het die afgelope naweek deelgeneem aan die Twizza ASA U18 and U20 Track & Field Championships. Hy hardloop ‘n bronsmedalje los in die 110m Hekkies vir seuns o/19 met ‘n tyd van 14,14 sek. Baie geluk, Jerry, ons is trots op jou!