CALL US
+27 53 927 3938
E-MAIL
admin@vryburg.net
LOCATION
71 De Kock Street

ATLETIEK

Jerry en Hanemie na SA-skole

Twee leerders van Hoërskool Vryburg, Jerry Venter en Hanemie Stols, het op 22 & 23 Maart vanjaar aan die SA Skole-Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem. Hanemie het puik presteer deurdat sy as o/14-atleet gekwalifiseer het om op o/15-vlak deel te neem aan die 100m hekkies. Jerry vaar uitstekend en haal die finaal in die 400mHekkies vir seuns o/18. Hy eindig uiteindelik 4de in 'n blitsige finale wedloop waarin die wenner die huidige rekord gebreek het. Jerry behaal met sy vierde plek ook sy persoonlike beste tyd van 52,8 sek. Jerry het ook aan ASA se Sub-Junior Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem op 6 April. Daar mis hy met 2 honderdstes van 'n sekonde 'n plek in die finaal van die 110mH. Mnr. Marius Durandt, hul afrigter wat ook 'n onderwyser by VHS is, het hulle na die byeenkomste vergesel.