Inge Fouche is tans in Pretoria waar sy Noordwes verteenwoordig by die TSA Hoërskole Tennistoernooi. Sy is deel van die O/19 dogterspan.
Baie geluk Inge! Jy maak VHS trots!
2018
Drie leerders van Hoërskool Vryburg het in die afgelope weke Noordwes op die tennisbaan verteenwoordig. Inge Fouchè het as lid van die o/19-dogtersspan oor die langnaweek aan die SA kampioenskappe in Pretoria deelgeneem en Mariska Brits asook Hancke Brits het die afgelope naweek aan 'n interprovinsiale toernooi in Klerksdorp deelgeneem.