VCSV
VCSV Boodskap
By VHS is ons baie bevoorreg om ‘n platvorm te kan hê vanwaar ons kinders geestelik kan bedien. Die geestelike welstand van ons leerders is prioriteit, aangesien daar ‘n hoë premie geheg word aan die gesondheid van hul totale menswees.
VISIE: Om ‘n nuwe generasie na ‘n nuwe lewenstyl in Christus te lei.
MISSIE:
- Om leierskap te ontwikkel wat ander beïnvloed deur dat hulle Christelike waardes uitleef.
- ‘n Nuwe generasie te bou wat streef na versoening in Christus – en die verlossing aan die Kruis hul eie te maak.
- Nuwe lewe te bring deur die goeie nuus van die evangelie te versprei en ander te lei om ‘n geloofskeuse te maak.
- ‘n Kultuur te skep waar gelowiges by mekaar in hak en die geloofsreis saam aanpak.
Buiten 'n heerlike kamp jaarliks met die afskop van die jaar, behels die program waatlemoenfees, fliek-aande, speletjies en besoeke van jeuggroepe om leerders se ervaringsveld uit te brei. Daarmee saam is daar 'n weeklikse byeenkoms waartydens lekker saam gesing word een in kleiner groepe oor relevante onderwerpe gesels en saam gebid word.
Verder dien die CSV as 'n verlengstuk van die verskillende gemeentes in die dorp, om op die manier die jongmense van Vryburg baie meer effektief bedien. Dit is 'n groot voorreg om hierdie vryheid te kan hê, en ons is jaarliks bewus van die groot impak wat in elke jongmens se lewe gemaak word.
VCSV
Kamp & Waatlemoenfees
VCSV
Kringleiers
Agter L na R: Isone Swart, Lebone Gape, MC Lotz, Janko Blignaut, Yahne Espag, Katlego Gopane, Bongiwe Boyise
Middel L na R: Mamello Modi, Tlamelo Matsime, Simone van Zyl, Gerrie le Roux, Martenique van Zyl, Reabetswe Voorby, Didintle Matsheka
Voor L na R: Sunette van Deventer, Thuto Bantsijang, Ntlafatso Letong, Liza Botma (CSV LRC), Luan Kriel (CSV LRC), Lerato Makgatholela, Koketso Inno
VCSV
Tye
Maandag | Dinsdag | Woensdag | Donderdag | Vrydag | |
14:00 | |||||
14:30 | |||||
15:00 | |||||
15:30 | |||||
16:00 | csv tye | ||||
16:30 | csv tye | ||||
17:00 | csv tye | ||||
17:30 | |||||
18:00 |