CALL US
+27 53 927 3959
E-MAIL
info@vhs.co.za
LOCATION
De Kock St 79

ATKV REDENAARS

VHS

Redenaars

'n Groot groep leerders van Hoërskool Vryburg het op 3 Mei aan die ATKV Redenaarskompetisie op Wolmaransstad gaan deelneem. Vier van hulle het deurgedring na die provinsiale semi-finaal in Rustenburg op 18 Mei. Hulle is Handru Bester en Tarah Höll in die onvoorbereide afdeling en Madeleine Esterhuizen en Oratile Mokgothu in die voorbereide afdeling. Ander leerders wat ook deelgeneem het, is: Caitlin Cloete, Mariska Brits, Simon van Heerden, HP Joubert, Cara Kriel, Janita Klinck, Thoriso Mahura en Mpho Seele, Wilanie Maritz.