CALL US
+27 53 927 3959
E-MAIL
info@vhs.co.za
LOCATION
De Kock St 79

PERDESPORT

Uithouritte

Isonè Swart het gedurende die Junie/Julie-vakansie as kaptein van die junior nasionale span van aan die uithouritte op Fauresmith deelgeneem. Sy is ook gekies vir die junior nasionale span wat aan uithouritte gaan deelneem in Walvisbaai, Namibi‘ op 26 Augustus vanjaar.

VHS

Perdesport

Vryburg Hoërskool is die afgelope 5 jaar aktief lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruiterskolevereniging (SANESA). SANESA is 'n lewendige en dinamiese organisasie, erken deur die Suid-Afrikaanse Ruitersvereniging (SAEF) en SASCOC, en het hom toegespits op die bevordering van alle vorme van perdesport binne die Suid-Afrikaanse skolegemeenskap. Tans het hulle 15 verskillende kompetisie dissiplines. Elke provinsie in Suid-Afrika het SANESA-verteenwoordiging en sommige provinsies word ook in streke opgedeel. Elke provinsie / streek hou tot 4 multidissipline kompetisies in die eerste 7 maande van die jaar en dan gaan die top 8 ruiters met die meeste opgehoopte punte in elke dissipline vorentoe om hul provinsie te verteenwoordig tydens die jaarlikse SANESA Nasionale Kampioenskappe gedurende September / Oktober.

 

Dit is nie noodsaaklik dat enigiemand eintlik hul eie perd of ponie besit om deel te neem aan SANESA nie - baie ryskoolleerders kompeteer met sukses by geleenthede op geleende perde / ponies. SANESA streef daarna om te verseker dat dit 'n allesomvattende organisasie is en dat enigiemand wat wil meeding, op geen manier benadeel word nie. Die belangrikste ding wat 'n leerder na SANESA kan bring, is 'n passie vir perde en ponies en verder net PRET!

PERDESPORT

2018- Sanesa Western Mounted Games Span

Na afloop van ‘n besige seisoen is die volgende leerlinge van Hoërskool Vryburg gekies as deel van die Noordwes Sanesa Western Mounted Games Span:

  • Wian Botha
  • Zene Botha
  • Attie van der Nest
  • LJ van der Nest
  • Andrew Brink

 

Die Span het gaan deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe wat gehou is te Parys, Vrystaat vanaf 1-3 Oktober 2018. Tydens die 3 dae het meer as 400 perde en ruiters oor dertien verskillende items dit uitgespook om die kombinasie met die vinnigste tye te bepaal. Wian Botha het individueel baie goed presteer en is in die Nasionale SAEF Span opgeneem.

2018

ERASA

Isone Swart het as lid van ERASA baie goed gevaar in die Uithouritte van 2018. Die jaar se harde werk het n hoogtepunt bereik toe sy as lid van die SA Junior span in Walvisbaai gaan deelneem het. Hier het sy baie goed gevaar en verdien dan haar volwaardige Protea kleure as lid van die span.