CALL US
+27 53 927 3938
E-MAIL
admin@vryburg.net
LOCATION
71 De Kock Street

POORT-BUNDLE

POORT-BUNDEL

2021

Verskeie VHS-leerders het verlede jaar prosa- en poësie-stukke ingeskryf vir die jaarlikse POORT-publikasie. Die volgende werke is opgeneem in die POORT:
Prosa:
Helen Faber - Déja Vu
Helen Faber - Moeilikheid in Maltstraat
Didi-Mari Posthumus - Nag manewales
Poësie:
Helen Faber - Al wese
Helen Faber - Om sterk te wees
Helen Faber - Pynlik eerlik
Tarah Höll - Kuns
Andrew Fortuin - IOS
Andrew Fortuin - Marlize touch
Andrew Fortuin - Die Tweets om alle Tweets te eindig
Anna-Marie Coetzee - Die gedagtedief (Alzheimer)

2020

Skryfwerke van Helen Faber en Andrew Fortuin, albei Gr. 11-leerders, word vanjaar in die Poort publikasie opgeneem.

Helen Faber: 3 Prosa-stukke (Sien my raak, Die Sunlight Liquid-man & Bloed: Ons enigste leermeester) & 'n gedig (Die prag van skryf)

Andrew Fortuin: Gedig (Bellville se kerkorrel)

Die Poort-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Hierdie kompetisie vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag! Die kompetisie skep ‘n forum om leerders wat oor skryfpotensiaal beskik te identifiseer en aan hulle blootstelling te gee deur middel van die Poort-publikasie wat jaarliks verskyn met gekeurde werk in die genres prosa en poësie.

Skole se graad 10-, 11- en 12-leerders oor die hele RSA en Namibië word uitgenooi om deel te neem

Andrew Fortuin

Andrew Fortuin

Helen Faber en Gert-Hendrik Janse van Rensburg presteer puik in die jaarlikse skryfkompetisie wat deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied word. Beide hierdie leerders het gedigte geskryf wat uitgesoek is om in die jaarlikse Poort-bundel gepubliseer te word.