Ouervereniging
Hoërskool Vryburg
Ouervereniging
Hoërskool Vryburg is in die gelukkige posisie dat ons oor ’n aktiewe Ouervereniging beskik, iets wat in baie stadsgemeenskappe nie meer goed funksioneer nie.
Die ouervereniging van Hoërskool Vryburg bestaan uit al die ouers van ons skool. Om op voetsoolvlak die organisasie te vergemaklik, neem die ouers van die VLR (Verteenwoordigende Leerderraad) leiding om die OV se aktiwiteite te koördineer en bestuur.
Die OV benut geleenthede by die skool om fondse te genereer en in te samel. Dit sluit veral in die verkoop van wegneemkos tydens sportbyeenkomste op Gert Lubbe Sportterrein, maar dikwels word ander projekte ook aangepak bv. lootjies verkoop, spyseniering van funksies, ens.
Die eerste R100 000 is die doelwit wat die OV jaarliks moet bereik aangesien dit deel uitmaak van die skool se begrote inkomste. Verder word spesiale projekte geloods. Voorbeelde van sulke projekte wat al geloods is, sluit in die plaveisel in die skool se vierkant, die opknapping van die skool se personeelkamer, die restourasie van die skool se gedenksaal, die waterverkoeler in die skoolsaal, die aankoop van ’n nuwe 16-sitplek bussie, die toerusting en breekware in die skool se kombuis en vele meer.